Die skool van liefde

Skool van liefde. Dit is wat familie is. Dis waar jy leer om lief te hê, waar jy liefde deel en ontvang. Kerk is die familie van God, die God van liefde, die God wat liefde is. Is die kerk dan die Universiteit van liefde? Hoekom sien ons dit nie?

Is vandag se kerk wees nog wat Jesus ingedagte gehad het? Ons goed beplande eredienste, kursusse vir elke gebeurtenis?

Wat maak saak?

3 goed geloof, hoop en liefde en die grootste daarvan die liefde (1 Kor 13:13). Rick Warren sê “Many people think that Christianity is a belief system, but it is a belong system.” Jy behoort aan ‘n familie maak nie saak hoe anders jy is of stukkend nie, jy hoort in God se familie.

Hoe lyk Jesus se familie? Die een waar heen elkeen van ons genooi word? Dis ‘n familie met bedrieërs, leuenaars, moordenaars, egbrekers. En dis net om ‘n paar te noem. So wat is die punt van God se familie? Dis duidelik nie perfek nie. Sy familie is waar jy leer om lief te hê en liefde te ontvang.

Hoe leer ons in die familie?

Deur te leef! Nie net deur kennis nie maar deur ervaring. Jy leer nie lief hê deur boeke nie jy leer liefhê deur te doen. Saam te huil en te bid deur moeilike tye, fees te vier in die goeie tye en saam te wonder oor vrae wat nie altyd antwoorde het nie.

So, dominee en mede gelowiges: jy is in die kol as jy sê “broers en suster”. Prediker sê daar is ‘n tyd vir alles so pak bietjie jou boeke weg, kom uit jou kantoor uit. Sit en luister na iemand, leef saam met mense, deel in hul stories, stop en bid saam met die wat drome het groter as wat logika en teologie sê moontlik is. Familie is om liefde te deel, te ontvang en so iemand RAAK te LEEF.

Wat dink jy oor kerk, die skool van liefde en familie wees?Deel jou denke hieroor in die comments hieronder!