Stop it!

Dis die tyd van die jaar waar mens droom oor vakansie en rus maar daar is nog so baie om te doen en die nuwe jaar se beplanning lê honderde papier hoog op jou lessenaar. Dan vir een of ander rede is dit die tyd van die jaar wat daar duisend en een persoonlike admin goed is. Die kinders se skryfbehoeftes vir volgende jaar, die medies wat moet geupdate word en o vrek die kar se lisensie het al laas maand verval.

Dis of daar net te min jaar oor is vir alles wat nog moet gebeur.

Ek raak moeg om elke jaar dieselfde patroon te volg van stres oor alles wat nog moet gebeur en dan ook die onsekerhede van finansies wat druk.

Hoe kan ek dit die jaar anders begin doen?

Die werk raak nie minder nie en die geld nie meer nie.

Maar iets moet verander!

Dan herinner die Here my aan die begin van die jaar wat Hy my die opdrag gegee het: “ vertrou My”

Ek kom af op Jesaja 30 maar veral vers 15 uit die Message

 “Your salvation requires you to turn back to me and stop your silly efforts to save yourselves.Your strength will come from settling down in complete dependence on me— The very thing you’ve been unwilling to do.

Isaiah 30:15 – The Message

Dalk is dit net ons moderne lewe  en besige koppe of dalk is dit die duiwel wat ons wil ontspoor. Maar ek wil weer my hardkoppigheid belei deur dit self te doen. Ja selfs vertroue kan jy nie self doen nie.

Al wat ons kan doen is op ons Pappa God se skoot klim en rustig raak.

Scroll to Top