Eenheid

Bestaan daar iets soos christelike eenheid? Neem jy ‘n standpunt in oor wat jy glo God se woord vir ons leer en dit verskil van ‘n ander is dit nog eenheid? Kry mens iets soos goeie en slegte eenheid?

Ja, ja en ja

John 17:21 That they all may be one; just as You, Father, are in Me and I in You, that they also may be one in Us, so that the world may believe [without any doubt] that You sent Me.

CHRISTELIKE EENHEID

Eenheid in die kerk is iets wat al lank op my hart is. Die afgelope tyd hou dit my denke besig. Skrifgedeeltes soos Johannes 17 roep ons op tot eenheid. Maar kom ons gee ‘n tree terug wat is eenheid?

Google beskryf dit so: unity – joined as a whole or forming a complex whole.

As ek dit dus reg verstaan is eenheid om ‘n geheel te vorm al verskil ons. Om saam in dieselfde rigting te beweeg. En as Christene beteken dit om saam Jesus Christus as verlosser te volg.

In baie Christen sirkels word eenheid gesien as jy die selfde oortuigings of teologiese siening het, beleef ons Christelike eenheid. Maar Jesus het gesê as jy die geloof van ‘n kind het behoort die hemel aan jou. Kinders kyk verby verskille en is rou eerlik. Die Bybel is waar en as jy in Jesus glo is jy sy kind. Geloof kan kompleks wees maar dit kan ook baie eenvoudig wees. Dis dalk hoekom Jesus eenvoudige vissermanne gekies het  om sy boodskap van liefde die wêreld in te dra.

As ons sê daar is iets soos Christelike eenheid is dit om in dieselfde rigting te beweeg en dit is saam na Jesus toe.

EENHEID vs VERSKIL

As ons nie oor iets saam stem nie beken dit dat daar nie meer eenheid is nie? Die dissipels het gereeld verskil en tog was daar eenheid. Wat het die eenheid tussen die dissipels gebring. Die Heilige Gees, sonder die heilige gees se leiding was en is eenheid glad nie moontlik nie. Die Heilige Gees lei ons ook om God se Woord en waarheid na te volg en dit nie te verdraai om ons te pas nie. Ons mag dis verskil maar deur die leiding van die Heilige Gees en God se Woord kan ons in eenheid met mekaar verskil en nog steeds in dieselfde rigting beweeg.

GOEIE EN SLEGTE EENHEID

Daar was eenheid tussen Herodes en Pilatus toe Jesus ter dood veroordeel is.

Daar was eenheid in die kerk toe ons uit God se woord apartheid regverdig het. (Slegte eenheid)

Is daar eenheid om God se woord te verdraai in die kerk vandag?

Daar is verseker iets soos slegte eenheid en dit kan self in die kerk gebeur. Maar daar is ook goeie eenheid in die kerk vandag. Soos die vervolgde Chinese christene wat uitgaan om mense  te bedien  in ‘n tyd waar ander in isolasie leef met die vrees vir die koronavirus. Of soos wat ek die afgelope tyd beleef het waar leiers van verskeie denominasies hulle verskille eenkant toe geskuif het om saam te leer hoe om beter te kommunikeer.

EENHEID IS HOOP

Mag ons agente van hoop en liefde wees deur Johannes 17:22 en 13:35 te leef en so die wêreld vir Christus te wen deur eenheid in Christus deur hoop en liefde te leef.

Scroll to Top